Tuesday, August 11, 2009

Day 26 Ethie s Situation - 3

Praise the Lord Ethie has a ticket to Venezuela and all seems to be OK now. Please pray for Jansie and Eugenie's picture to be right. This is what Ethie writes:

Prys die Here! Kon toe n kaartjie kry by die Argentyne en TACA het my vlugte verander na Sao Paulo/ Lima vanmiddag en Lima/ Sao Paulo more oggend. Ek sal dus dalk die nag op Lima lughawe deurbring eerder as Sao Paulo maar die ure is net beter. Ek wil nie more oggend 4 uur weer sit met n probleem nie! As daar vanmiddag 3 uur probleme is met check in hier, of more oggend 8 uur in Lima dan is alle kantore darem oop om dinge te reel.

Die probleem was:
TACA kon my nie incheck nie want die sisteem het gese ek moet n vlug uit Venezuela he om ingelaat te word sonder pre-approved visa. Vlug uit B.A was nie goed genoeg nie.
Maar TACA se sisteem het ook n issue gehad met my paspoort, een of ander security codes wat nie reg is nie. Hopelik het daai probleem nou helemal verdwybn! maar as gevolg daarvan kon hulle toe nie vir my n vlug boek B.A toe nie. En al dit het vanoggend voor 4am gebeur, wat nog vroer is in Lima... so die powers that be wat dinge kon uitsort het almal nog geslaap en behalwe vir TACA was alles hierrond nog toe.

Maar ek was wonderbaarlik rustig en ongestres. Regrig n wonderwerk vir wenigiemand wat weet hoe goed ek is met uncertainty!

So prys die Here en dankie vir gebede en die rys gaan voort!

Sal pa die nuus so aan Mamma ook oordra?

Ek hang uit in die chapel hier op die lughawe. Sal bid vir favour met julle kant ook Jans!

Baie liefde
Ethie

1 comment:

Jan and Miekie said...

Dankie vir al die getroue SMSe. Ons waardeer dit baie. Baie sterkte aan julle almal! Die duiwel is omtrent besig! Ons bid dat hy vir die res van julle reis julle sal uitlos! Maar sulke goed hou 'n mens op jou kniee ne! Baie liefde!